- Filter by:
- All
- News
- Highlights
- kykNET
Highlights
Diepe Waters' Jacques en Theresa se droomtroue
’n Nuwe hoofstuk begin vir Jacques en Theresa! Ná al die seer uit die verlede en die struikelblokke op hul pad, het die geliefde paartjie ewige troue aan mekaar belowe in ’n betowerende tuintroue by die Swarts-woning.
Maak gereed vir ’n kykfees vol avontuur, nostalgie, inspirasie en hope pret! kykNET skop die koue maande af met nuwe kykgenot wat jou vasgenael voor die kassie gaan hou.
Nuwe dokumentêre kykNET-reeks vertel die aangrypende verhaal van Die Boere van Patagonië.
In die splinternuwe, SAFTA-bekroonde seisoen van Elders pak Erns Grundling ’n uitdagende dog epiese reis van noord na suid deur Viëtnam aan.
Klippe Kou werp lig op gewone Suid-Afrikaners.
Die splinternuwe seisoen van Lamb Champs bring die ongelooflike stories van ons land se familieboere na die skerm.
Dit is wat jy moet weet as jy vir Kokkedoor wil aansoek doen.
Skuif nader – dis amper tyd vir Dean John Smith se Show’KIE met eg Kaapse flair.
Christia Visser keer terug na Diepe Waters en ’n mens kan nie help om te wonder of dinge dié keer anders vir Rossouw gaan uitdraai.
Aktrise Carla Schönfeldt erken dat die intense teister-storielyn in Diepe Waters vir haar ’n emosionele uitdaging was, maar sy loof haar mede-akteur, Markus Haywood, wat haar deurlopend op stel ondersteun het.
Die pragtige Selena het die vere laat waai in Diepe Waters.
Die dokumentêre reeks Lamb Champs keer terug vir ’n tweede seisoen op kykNET.